Local newsNewsNewsBreaking News

Okie Dokie moordverhoor begin met drie getuies

VANDERBIJLPARK. - Die verhoor waarin die jong Francois Beyleveld van die moord op Wimpie Koekemoer op 28 Oktober 2017 aangekla word, het verlede week begin. Dit het twee dae geduur, met drie getuies wat geroep is om te getuig.

Jannie du Plessis – Vaalweekblad

Vaalweekblad Berig 3 April bls.2

VANDERBIJLPARK. – Die verhoor waarin die jong Francois Beyleveld van die moord op Wimpie Koekemoer op 28 Oktober 2017 aangekla word, het verlede week begin. Dit het twee dae geduur, met drie getuies wat geroep is om te getuig.
Op Donderdag, 27 Maart het Beyleveld, wat tydens die aanranding en daaropvolgende dood van Koekemoer ‘n skolier aan ‘n Sasolburgse skool was, skuld ontken.
Beyleveld het egter erken dat hy die oorledene drie houe geslaan het. Staatsaanklaer Ellen Lekgetho het Ria Calitz as eerste getuie geroep. Calitz het getuig dat hulle die aand, soos baie aande voor dit, saam na Okie Dokie Pub & Grill gegaan het waar hulle aan die karaoke-aande deelgeneem het.
Volgens haar het hulle nog gekuier toe Petro Beyleveld, Francois se ma, haar aangerand het. Petro en haar seun is toe weg en toe hul later terugkeer en Koekemoer van die kleedkamers op pad na die potspel tafel was, het Beyleveld vir Koekemoer van agter af genader en begin slaan.
Die volgende dag, Donderdag 28 Maart is Ruan Roux as getuie geroep. Roux is ‘n werknemer by Okie Dokie en het agter die kroeg uitgestap in die rigting van die potspel tafels, toe hy gesien het hoe Beyleveld vir Koekemoer slaan. Hy het ook getuig die eerste hou wat Beyleveld vir Koekoemoer toegedien het, het Koekemoer onkant gevang en dit was half skuins van agter. Hy het dadelik vir Beyleveld van Koekemoer afgetrek. Volgens sy getuienis het Beyleveld losgeruk en weer vir Koekemoer geslaan. Daarna is Antoinette Roux geroep, wat deeglike getuienis gelewer het aangesien sy agter Koekemoer aangeloop het met Koekemoer en Calitz se kind, wat sy opgepas het toe die voorval gebeur het. Volgens haar getuienis het Wimpie by ‘n groep gestaan en gesels toe Beyleveld vir Koekemoer van agter af genader het met die woorde: “Wimpie, chomma, wat is fout?” Sonder om enige iets verder te sê, het hy vir Koekemoer met die vuis teen die linkerkant van die gesig geslaan.
Volgens haar en soos deur die vorige getuienis ook gesê is, het Koekemoer sy kop teen die potspeltafel gestamp. “Toe hy op die grond lê het sy oë omgedop. Koekemoer het probeer om op te staan, maar Beyleveld het hom weer geslaan,” het Roux vertel. Sy het ook getuig dat Koekemoer erg gebloei het by sy mond en oë en het gedurig sy bewussyn verloor en dan weer bygekom. Roux het ook getuig dat Beyleveld se ma op daardie stadium vir Ria Calitz getakel het en dat omstanders hulle twee uitmekaar moes hou.
Koekemoer is daarna per motor hospitaal toe geneem, omdat die ambulans te lank geneem het.
* Die saak is tot 6 Mei uitgestel, wanneer daar waarsky

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button