Local newsNewsNewsBreaking News

[Video en foto’s] Drank, bakleiery en 13 beskadigde voertuie

VANDERBIJLPARK. – ‘n Barbaarse bakleiery vanoggend Vrydag 12 April by die gewilde MCafe in Hendrik van Eck boulevard, het gelei tot die arrestasie van twee mans en een man in ‘n ersntige toestand na die hospitaal geneem.

JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD

VANDERBIJLPARK. – ‘n Barbaarse bakleiery vanoggend (Vrydag 12 April) by die gewilde MCafe in Hendrik van Eck boulevard, het gelei tot die arrestasie van twee mans en een man in ‘n ernstige toestand na die hospitaal geneem.

Die bloedige geveg het ongeveer 02:00 plaasgevind toe twee mans onderskeidelik 27 en 30 jaar slaags geraak het by die gewilde drinkplek. Een van die manne het begin om van die voertuie te beskadig deur bakstene deur die vensters te gooi. Die ander man het in sy BMW geklim en op en af in die straat gejaag, gerem en getol. Die 27-jarige bestuurder van die BMW het toe teen ‘n hoë spoed van die Sasol motorhawe se kant tussen die geparkeerde motors injaag en verskeie van die voertuie beskadig.

Volgens twee sekuriteitsbeamptes het een van hulle ‘n noodroep van die Sasol motorhawe se personeel ontvang. Hy het dadelik na die toneel gehaas en van die chaos aanskou. Die ander sekuriteitsbeampte het ook by die toneel opgedaag terwyl die manne met mekaar baklei het. Volgens die sekuriteitspersoneel was dit soos ‘n klein oorlog tussen die manne.

Verskeie van die ander kuiergaste het ook betrokke geraak by die bakleiery. Nog voertuie se ruite is met bakstene stukkend gegooi. Die hele binnekant van Mcafe is verwoes en ruite is gebreek. Een van die manne is in die straat met bakstene gegooi. Hy is deur twee petroljoggies bygestaan tot die paramediese personeel opgedaag het. Hy is in ernstige toestand deur ER24 paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem. Die polisie het opgedaag en twee manne is die polisie in hegtenis geneem.

Bloed, motoronderdele, glasstukke van voertuie en gebreekte bottels het orals rondgelê. Sewe voertuie is deur die impak van die botsing beskadig. Drie voertuie moes deur insleepdienste van die perseel weggesleep word en die ander beskadigde voertuie is deur hul eienaars en lede van die insleepdienste van die perseel verwyder.

Drank en ‘n argument het gelei tot die barbaarse optrede wat egter kon ontaard in noodlottige gevolge.

FOTOS EN VIDEO: JANNIE DU PLESSIS

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button