Wees deel van die Lusito-fees!
Inwoners van die Vaaldriehoek kry hierdie naweek 'n geleentheid om deel te wees van Gauteng se grootste kultuurfees op ons voorstoep - die Lusito Land Festival.

Inwoners van die Vaaldriehoek kry hierdie naweek ‘n geleentheid om deel te wees van Gauteng se grootste kultuurfees op ons voorstoep, in die suide van Johannesburg – die Lusito Land Festival.
Lusito verwys na ‘n skool vir fisiese en gestremde mense digby die Vaaldriehoek. Die fees is jare gelede ingestel om geld vir die skool in te samel.
Hoewel dit aanvanklik gestig is vir die Portugese gemeenskap, is die skool vandag oop vir mense uit alle kultuurgroepe. Die Lusito-fees het steeds ‘n sterk Portugese atmosfeer wat deur mense van alle kulture geniet sal word.
Dit vind van 20 tot 22 April plaas en word die naweek van 26 en 27 April voortgesit. Komende naweek se vermaak sluit die groepe Mi Casa, Mango Groove, Dr Victor & The Rasta Rebels en Rubber DUC in, sowel as die Afrikaanse kunstenaars Jo Black and Bobby van Jaarsveld.
Kom geniet twee volle dae van pret, Portugese danse en heerlike tradisionele Portugese geregte! Dit is ‘n ware gesinsfees, bring dus die kleinspan saam!
Kaartjies kan bespreek word by Computicket: https://bit.ly/LusitoLand en toegang wissel tussen R150 vir volwassenes, R50 vir kinders tussen 6 en 12, en R50 vir pensioenarisse. (Kinders onder 6 kom gratis). Kaartjies vir die kleingoed se mallemeule is opsioneel ekstra en koste wissel vir die verskillende ritte. Bring dus genoeg geld saam vir die mallemeule sowel as vir die heerlike eet- en drinkgoed.
Meer besonderhede is beskikbaar by www.lusitoland.co.za of www.sedibengster.co.za



