EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNewsSponsored

Kom kuier by Bosrand se boeremark!

Op 1 Mei is dit weer tyd vir die Goeiehoek-kontreimark, ‘n groot en gesellige boeremark op die plaas Bosrand buite Vereeniging op die Heidelbergpad

 
Die Goeiehoek-kontreimark, ‘n groot en gesellige boeremark op die plaas Bosrand buite Vereeniging op die Heidelbergpad, vier vanjaar sy sewende jaar van sukses.

Alle stadsjapies wat lus het om op die vakansiedag, Woensdag 1 Mei, uit die gewoel te ontsnap, kan gerus ‘n draai op die plaas kom maak. Meer as 130 hoëgehalte stalletjies neem deel en bied ‘n wye verskeidenheid handgemaakte artikels, heerlike eetgoed en regte plaasprodukte te koop aan.

Organiseerder Annatjie du Toit herinner dat besoekers wat in die gewilde tradisionele geregte belangstel, vroeg moet kom want dit verkoop vinnig uit.

Annatjie sê daar is dié keer soveel opwindende produkte dat dit moeilik is om iets uit te sonder, maar besoekers kan veral uitsien na die eerste deelname van ‘n stalletjie met orgideë en bromelias – almal in blom. Daarby is dit ook aarbeiseisoen, dus kan liefhebbers van dié heerlike en gesonde vrug gerus nader staan.

“My persoonlike bederf is al die vars tuisgemaakte kase en olyfprodukte… Moet net keer of ek koop myself in bankrotskap in!” lag sy.

Die gereelde bergfietsren wat nou al ‘n instelling op die markdae geword het, bly ook steeds baie gewild.

Inskrywings vir deelname aan die bergfietsren van 60 en 40 km kan by www.cycleevents.co.za gedoen word, of skakel 083 460 9338/078 316 6207 vir navrae.

* Padaanwysings na die plaas Bosrand waar die kontreimark op 1 Mei 2019 gehou word: Neem die R42 vanaf Vereeniging na Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoekkruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op linkerhand ná die syaansluiting. GPS Koördinate: GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0.

Dit is teerpad tot by die plaasingang. Toegang is gratis.

Skakel gerus vir Annatjie du Toit by 083 541 9908 vir nadere besonderhede of as jy ‘n stalletjie vir die volgende markdag wil bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button