Jongste nuus oor groot ongeluk op R59 naby Ascot-afrit
Verskeie swaarvoertuie en minstens 13 passasiersvoertuie is betrokke
Die jongste nuus oor die groot ongeluk op die R59 naby die Ascot-on-Vaal afrit naby Vanderbijlpark is dat vier of vyf trokke en minstens 13 voertuie betrokke is. Nog ‘n aantal voertuie het weens die opeenhoping agter dié ongeluk in digte mis teen mekaar vasgery.
Volgens onbevestigde gerugte het vyf mense gesterf en talle is beseer. Verskeie nooddienste en die polisie is op die toneel.
‘n Bekende voertuig-insleper het aan Vaalweekblad gesê dit is een van die ergste ongelukke wat hy in ‘n lang tyd gesien het. Die opruiming gaan ‘n aansienlike tyd neem en daar is tans reeds groot verkeersopeenhopings. Vermy die pad en gebruik liewer alternatiewe roetes.
Meer inligting volg later.



