EntertainmentLifestyleLocal newsNewsSponsored
Nuwe Redwoods Restaurant amptelik geopen
Daar was Saterdag, 4 Mei, groot feeste by die amptelike opening van die nuut opgeknapte Redwoods Restaurant in Sasolburg

Daar was Saterdag, 4 Mei, groot feeste by die amptelike opening van die nuut opgeknapte Redwoods Restaurant in Sasolburg: Heerlike kos, ‘n wye verskeidenheid drank om van te kies en veral die gesellige kuier onder Sasolburg se groot ou akkerbome. Boonop ook goeie musiek om jou hartklop in die regte ritme te kry. Daarby is daar ook genoeg veilige parkering met karwagte. Hou maar dop, dié Nuwe Redwoods met sy speelplek vir kinders, gesofistikeerde binne-areas, buitedekke en moderne kroeg gaan nog een van die Vaaldriehoek se lekkerste kuierplekke word!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



