Meyerton groet geliefde boorman en duiweboer
'Hy sal veral onthou word vir die groot hart wat hy vir sy medemens gehad het'
‘n Interessante hoofstuk in Meyerton se geskiedenis is hierdie week afgesluit met die afsterwe van die bekende boorman van die dorp, mnr. Daan Venter, wat Maandagmiddag oorlede is.
Daan is gebore en getoë in Meyerton en het van jongs-af ‘n uitsonderlike waterwys-talent gehad. Hy het sy eie onderneming, H20 Drilling, bedryf en was ook baie bekend en geliefd in vliegduifkringe.
Volgens sy familie sal hy veral onthou word vir die groot hart wat hy vir sy medemens gehad het.
Die begrafnisdiens word Dinsdag 14 Mei om 11:00 in die AGS Kerk, Meyerton, gehou. Die diens sal gelei word deur ‘n oudpastoor en familievriend, pastoor Bertie Nel.
Daan word oorleef deur sy vrou, Juanita, dogter Venessa, haar man, drie kleinkinders, familie en vriende.
Volgens die familie sal die sakeonderneming H20 Drilling deur Daan se vennote en kollegas voortgesit word.
- Lees die volledige berig in Vaalweekblad van 14 Mei 2019



