Bekende in Vaaldrie-hoekse motor-kringe sterf
VANDERBIJLPARK. – Die 72-jarige Manie Booyens, ’n bekende in motorkringe in die Vaaldriehoek, is verlede Donderdag in die Midvaal hospitaal na ’n kort siekbed aan hartversaking oorlede. Hy was vroeërjare die eienaar van Emfuleni Motors Total-vulstasie naby die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark. Hy was vir jare ook ’n motorwerktuigkundige by Broderick VW in Vanderbijlpark. Hy …
VANDERBIJLPARK. – Die 72-jarige Manie Booyens, ’n bekende in motorkringe in die Vaaldriehoek, is verlede Donderdag in die Midvaal hospitaal na ’n kort siekbed aan hartversaking oorlede.
Hy was vroeërjare die eienaar van Emfuleni Motors Total-vulstasie naby die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark. Hy was vir jare ook ’n motorwerktuigkundige by Broderick VW in Vanderbijlpark. Hy laat sy vrou en getroue lewensmaat van 46 jaar Trienie, vyf kinders (Nelius, Stephan, Arno, Werner en Lethea), ses kleinkinders, broer Frans Booyens en suster Elize von Mollendorff agter.
Die familie bedank graag vir Amanda Erasmus van Midvaal en die Midvaal Hoësorgeenheid se personeel vir alles wat hulle gedoen het. Die begrafnis vind op Woensdag 23 September om 11:00 vanuit die NG Suid Gemeente op die hoek van Schumann- en Verdistraat plaas. Die diens word deur ds. Hennie Swanepoel gelei.



