CommunityNewsNews

HS Overvaal ‘vat die koek’

MEYERTON. – Na maande se beplanning, voorbereiding en harde werk het Meyerton Pick n Pay se Inter-schools and Chef Apprentice-kompetisie 2015 op 16 September plaasgevind. Dit was ’n reuse-sukses en gaste is met heerlike disse bederf. Aan die einde van die aand het HS Overvaal die vier beoordelaars, sjef Nicolas van der Walt (FBI Chef …

MEYERTON. – Na maande se beplanning, voorbereiding en harde werk het Meyerton Pick n Pay se Inter-schools and Chef Apprentice-kompetisie 2015 op 16 September plaasgevind.
Dit was ’n reuse-sukses en gaste is met heerlike disse bederf.
Aan die einde van die aand het HS Overvaal die vier beoordelaars, sjef Nicolas van der Walt (FBI Chef School), Cornelius MacKay (Qualitas Career College), Jean-Pierre du Plessis (Tsogo Riverside Sun) en André Jansen (Lords Signature Hotel) se hoogste verwagtinge oortref en is hulle as wenners van die kompetisie gekroon. Hoërskool Overvaal het ook met die prys vir die Beste Tafel en die Beste Voorgereg weggestap. Krugerlaan Skool het die Beste Hoofgereg opgedis en HS Dr. Malan die Beste Nagereg.
Vroegoggend het leerlinge reeds begin met die voorbereiding van die geregte. Altesaam 120 gaste het die geleentheid bygewoon.
Die voorgereg was ’n prentjie-mooi tamatie- en bokmelkkaas Mille Feuille met songedroogde tamaties en basil. Die hoofgereg, beesstert gevul met kool, pancetta en sampioene het die monde laat water, om nie eers te praat van die geposjeerde peer in rooiwyn met jogurt parfait wat as nagereg bedien is nie.
Al die spanne het dieselfde bestanddele gehad en dieselfde geregte voorberei, maar hulle kon hul eie kreatiwiteit gebruik ten opsigte van bykomstighede en voorkoms van die gereg op die bord.
Skole wat aan die kompetisie deelgeneem het is Vereeniging Gimnasium, HS Dr. Malan, Krugerlaan Skool, HS Overvaal en Heidelberg Volkskool.
Sjef Tjaart Walraven van Food Template het vroeër vanjaar leerlinge gehelp met die voorbereiding en ook op die dag die sjefs dopgehou om die Best Apprentice Chef te kies.
Anrica Ward van Dr. Malan het met ’n beurs ter waarde van R21 000 by Qualitas Career College weggestap. Anike Janse van Rensburg van Vereeniging Gimnasium is as die beste kelner aangewys.
Daar het ook ’n groot verrassing op leerlinge gewag toe sjef Nicolas van der Walt besluit het om ’n beurs ter waarde van R100 000 aan ’n leerling te gee.
Zander Scheepers van Vereeniging Gimnasium het dié gesogte prys ontvang.
* Die borge wat bygedra het tot die sukses van die aand is: Meyerton Pick n Pay, FBI Chef School (Food and Beverage Institute), Food Template, Karan Beef, Crown National, Unilever, ABI, Vegieworth, Qualitas Career College, Clover, Tsogo Riverside Sun, Highveld Mushrooms, Bidvest, Lord’s Signature Hotel, Ducks Country House, Midvaal K Fitness, Africa Spice, Hair and Beauty Square, PNA en Rolkem.

Zander Scheepers van Vereeniging Gimnasium het 'n beurs ter waarde van R100 000 gewen om by die FBI Chef School sy droom om 'n sjef te word te bewaarheid. Saam met hom is sjef Nicolas van der Walt en Marios Papavarnavas.
Zander Scheepers van Vereeniging Gimnasium het ‘n beurs ter waarde van R100 000 gewen om by die FBI Chef School sy droom om ‘n sjef te word te bewaarheid. Saam met hom is sjef Nicolas van der Walt en Marios Papavarnavas.
Anrica Ward van hoërskool Dr. Malan is as die beste sjef vir die dag aangewys. Sy het 'n beurs ter waarde van R21 000 by Qualitas Career Collgege losgeslaan. Saam met haar is Marios Papavarnavas, eienaar van Pick n Pay Meyerton. Foto: Carla du Plessis
Anrica Ward van hoërskool Dr. Malan is as die beste sjef vir die dag aangewys. Sy het ‘n beurs ter waarde van R21 000 by Qualitas Career Collgege losgeslaan. Saam met haar is Marios Papavarnavas, eienaar van Pick n Pay Meyerton. Foto: Carla du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button