Video: Mimi Fourie inwoners smeek om hulp
Ettienne van Rensburg VEREENIGING. – Bejaarde en gestremde inwoners van Mimi Fourie Hof in Vereeniging het vandag (16 Mei) by die plaaslike munisipaliteit betoog, nadat hulle krag vir drie dae afgesit was. Die Emfuleni Munisipaliteit is deur Vaalweekblad om kommentaar genader en daar word vir terugvoering gewag. Daar word bespiegel dat agterstallige erfbelasting die rede …

Ettienne van Rensburg
VEREENIGING. – Bejaarde en gestremde inwoners van Mimi Fourie Hof in Vereeniging het vandag (16 Mei) by die plaaslike munisipaliteit betoog, nadat hulle krag vir drie dae afgesit was. Die Emfuleni Munisipaliteit is deur Vaalweekblad om kommentaar genader en daar word vir terugvoering gewag. Daar word bespiegel dat agterstallige erfbelasting die rede vir kragonderbreking is. Hoewel die krag weer aangeskakel is, het die inwoners groot verliese gely. Meeste van die inwoners is afhanklik van ‘n staatspensioen en kan nie bekostig om die kos wat weens die onderbreking sleg geword het, te vervang nie.



