Local newsNewsNewsBreaking News
Lyk van jong man uit rivier gehaal
Die lyk van 'n jong man is gister Donderdag 23 Mei uit die vaalrivier gehaal.
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – Die lyk van ‘n jong man is gister, Donderdag 23 Mei uit die Vaalrivier gehaal.
Volgens inligting het ‘n kanoevaarder die lyk gister na 17:00 op die water in die omgewing van Klipbaai sien dryf en die polisie se watervleul is ontbied. Die lyk is uit die water gehaal en na die wal gebring by Riverspray kompleks. Die jong man in sy twintigs se identiteit kon egter nog nie bepaal word nie. Hy was geklee in grys top en blou oorpakbroek.
Die polisie ondersoek die voorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




