Local newsNewsNews

Rower in boud geskiet, nog een gevang en twee het weggekom

Rower in boud geskiet, nog een gevang en twee het weggekom

VANDERBIJLPARK. – ‘n Huisroof net na 11:00 vanoggend 29 Mei en die daaropvolgende jaagtog en soektog het gelei tot die inhegtenisneming van twee  huisrowers terwyl twee van die rowers weggekom het.

Die huisroof het vermoedelik in Beuchamp Procterstraat, in SW2, agter die Vaal Mall plaasgevind, waarna die polisie, Vaal Response Unit (VRU), Community Police Forum (CPF), sekuriteitpersoneel en lede van die CW buurtwag die rowers gejaag het. Skote is afgevuur en die voertuig van die rowers, ‘n Audi Q7, is in die veld oorkant die Vaal Mall tot stilstand gebring. Die rowers het uitgespring. Twee is op die toneel gearresteer en twee het in die rigting van Langenhovenstraat in die CW6 area gehardloop. Hulle kon egter nie opgespoor word nie. Dit is nog onbekend of die voertuig gesteel is.

Een van die rowers op die toneel is in die regterboud geskiet en is deur ER24 en Gauteng EMS personeel op die toneel behandel en na die hospitaal geneem, vergesel deur die polisie.

Forensiese spanne is tans op die toneel en die voorval word ondersoek.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD VAN 5 JUNIE!

FOTO: JANNIE DU PLESSIS

FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS
FOTO: JANNIE DU PLESSIS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button