EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNationalNewsSchools

Dis amper tyd vir Del Arté Eisteddfod 2019!

Alle inskrywings vir die dans-, drama-, model- en musiekafdelings sluit op Vrydag, 7 Junie.

Dis amper tyd vir Del Arté Eisteddfod 2019!

VEREENIGING. – Die organiseerders van die jaarlikse groot kunstefees, die Del Arté Eisteddfod, skryf:

Hiermee sê ons graag baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan die Del Arté Eisteddfod van 2018. Dankie aan elke afrigter wat ure spandeer het om die deelnemers gereed te kry, asook aan elke ouer en ondersteuner wat bygedra het tot die sukses van die kunstefees.
Natuurlik kan ons ook nie vergeet van al ons borge wat die ervaring soveel beter gemaak het vir elkeen nie. Dankie!
Del Arté Eisteddfod 2018 was propvol hoogtepunte en het baie suksesvol verloop. Die kunstefees het baie gegroei en nuwe afdelings en items het 2018 die lig gesien.

Nou is Del Arté Eisteddfod 2019 voor die deur!

Ons wil alle belangstellendes graag hartlik uitnooi om saam met ons die pad te stap.
Vaalweekblad en Ster staan reeds gereed om die jaar weer verslag te doen oor die gebeure tydens die verloop van die Del Arté Eisteddfod.
Alle inskrywings vir die dans-, drama-, model- en musiekafdelings sluit op Vrydag, 7 Junie. Deelnemers kan inskryf op die webwerf www.delarte.co.za. Die konstitusie asook al die items waarvoor ingeskryf kan word, is ook op die webwerf. Vir enige navrae of om die “login”-besonderhede te kry, kan u ons e-pos by delarteeisteddfod@gmail.com of alternatiewelik een van die volgende nommers skakel: Marié-Louise van der Bank by 082 335 2133 of Anina van der Merwe by 076 994 6866.

Die verskillende afdelings word op die volgende datums beoordeel:
* Dans………………………………. 22 – 26 Julie
* Drama ……………………………. 29 Julie – 21 Augustus
* Musiek …………………………… 23 – 24 Augustus
* Model …………………………….. 26 – 31 Augustus
* Visuele Kunsstukke …………. 30 Augustus (Inhandiging)

Ons sien uit daarna om u hierdie jaar by Del Arté Eisteddfod se 7de bestaansjaar te sien. Ons vertrou dat ons sommer nog baie nuwe gesigte sal lok om deel te neem aan die Del Arté Eisteddfod 2019!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button