Dis tyd vir Outdoor X dié naweek!
Outdoor X nooi almal na die lekkerste ekspo van die jaar, 1 en 2 Junie by Malonjeni Guest Farm tussen Vereeniging en Heidelberg

Dis tyd vir Outdoor X dié naweek!
Outdoor X nooi almal na die lekkerste Xpo van die jaar, 1 en 2 Junie by Malonjeni Guest Farm tussen Vereeniging en Heidelberg. Moenie hierdie jaar se grootste buitelug- en ontspannningskou misloop nie!
Die publiek kan nader staan om meer as 375 top gehalte uitstallings te kom besigtig van regoor Suid-Afrika. Outdoor X is ook ‘n motorskou en al die groot motorhandelaars stal jaarliks uit by Outdoor X. Besoekers kry die geleentheid om elke fabrikaat se nuutste modelle te kom besigtig. Die Landbou- en Jagtersafdelings is ook groter met uitsonderlike produkte en spesiale aanbiedinge. Daar word ook ‘n tikkie tradisie bygevoeg hierdie jaar met pap en kaiings en die Jeugskou met hul plaasdiere.
Unieke vroueprodukte wat nie in plaaslike winkelsentrums beskikbaar is nie, sal ook ten toon gestel word. Kinders sal vermaak uit die boonste rakke geniet met die Xpo se enorme kinder pretpark en aktiwiteite vir kleuters tot tieners. Outdoor X bied ook helikopterritte, valskermvertonings, kunstenaars soos Elandré, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Ricky Faber, Brandon Swart en vele meer. Kom besoek ook die Aquazone met ‘n eilandatmosfeer en duiktenk! Daar is ook die unieke geleentheid om met ‘n 50 kaliber geweer te skiet. Outdoor X is propvol besonderse vermaak en beloof om sonder twyfel elke besoeker met pure genot te bederf.
En as jy honger of dors word is daar ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies en ’n biertuin.
Kaartjies is op albei dae by die hekke te koop en kos R100 vir volwassenes, R50 vir kinders (6-12 jaar) en onder 6 gratis. Skoutye: 09:00 tot 17:00 op albei dae.
Vir meer inligting of ‘n voorsmaak van wat jy te wagte kan wees, besoek www.outdoorx.co.za of FB OutdoorX. Vir maklike aanwysings na Malonjeni Guest Farm tik in “OutdoorX Show” op Google “maps” op meeste selfone.




