Photo GalleriesSportSportSport

Fotogalery: Ringbal Klubkampioenskap

SASOLBURG. – Wanneer ‘n gulde geleentheid homself voordoen, moet jy dit met albei hande aangryp. Dit is presies wat Goudrif van Vanderbijlpark se mansringbalspan Saterdag by die klubkampioenskap op die Flavius Mareka netbalbane gedoen het. Dit is die eerste keer in jare dat Goudrif na die klubkampioenskap deurdring en om derde te eindig het almal …

SASOLBURG. – Wanneer ‘n gulde geleentheid homself voordoen, moet jy dit met albei hande aangryp.
Dit is presies wat Goudrif van Vanderbijlpark se mansringbalspan Saterdag by die klubkampioenskap op die Flavius Mareka netbalbane gedoen het.
Dit is die eerste keer in jare dat Goudrif na die klubkampioenskap deurdring en om derde te eindig het almal se verwagtinge oortref.
Nege manspanne van regoor die land (Noordwes-Oos, Ekurhuleni-Oos, Sedibeng-Noord, Gauteng-Noord, Limpopo, Mpumalanga, Wesrand en Dr Kenneth Kaunda) het sake by die kampioenskap uitgespook.
Slegs distrikswenners kon aan die kampioenskap deelneem en Goudrif het homself goed van sy taak gekwyt. In sy eerste kragmeting het Pukke naelskraap met 42-40 gewen en daarna Brakpan oortuigend met 66-36 gewen om tot die uitspeelwedstryde te vorder.
Goudrif het in die uitspeelwedstryde met 56-48 teen Olympia van Gauteng-Noord verloor en derde geëindig.
Eike, Sedibeng se vrouespan, kon ongelukkig nie die uitspeelrondte van die kampioenskap haal nie.
Die Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskap vind van 24 tot 29 Junie in Pretoria plaas.
Die volgende plaaslike spelers, Wikus van der Merwe, Jacques Erasmus, Klue Groenewald, Michael de Beer, Johan Potgieter, Johan Bruyns, Gerhard de Klerk, Duart Lotz, Werner van der Merwe, Matthew Erasmus, Dawie Potgieter, Ben Marais en Supreme Maselela is vir die Sedibeng B-span gekies.
Die span is op soek na borge vir onder meer sakke, reis en verblyf.
Diegene wat belangstel om die span te borg, kan Ben Marais by 076 311 3888 skakel of ‘n e-pos aan bendjmarais@gmail.com stuur.
Sedibeng stuur vier spanne, Mans A en B, vroue A en B en ‘n o.23-span na die nasionale toernooi.

Related Articles

 
Back to top button