Local newsNewsNewsBreaking News
Motorfietsryer ernstig beseer in ongeluk
Motorfietsryer ernstig beseer in ongeluk
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfietsryer is vanoggend, 5 Junie, baie ernstig beseer toe hy teen ‘n voertuig gebots het.
Die ongeluk het net voor 07:00 in Langehovenstraat plaasgevind. Die 32-jarige man was met sy Honda motorfiets in die rigting van die sentrale sakegebied op pad toe ‘n silwerkleurige Volkswagen Passat vermoedelik voor hom ingedraai het op die kruising van Langenhovenstraat en Olive Schreinerstraat. Hy is op die toneel deur ER24 paramediese personeel gestabiliseer en na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling.











At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




