Rekordpoging: Die wêreld se grootste handgebreide kombers!
Foto: Erkenning aan Daleen en André van Helsdingen

Guinness-Rekordpoging: Die wêreld se grootste handgebreide kombers!
Lees hierdie week in Vaalweekblad alles oor hoe duisende mense saamgewerk het aan die Golden Triangle Blanket Drive se poging om twee wêreldrekords te registreer – eerstens om die grootste handgebreide kombers in die wêreld te maak, en tweedens, om die rekord vir die meeste individuele komberse wat nog ooit binne 24 uur aan welsynsinstansies gelewer is vir verspreiding onder minderbevoorregtes, te registreer.
Op die foto kan die enorme kombers in die vorm van Suid-Afrika se vlag, op die DP de Villiersstadion in Sasolburg gesien word. Daar is vandag steeds hope aktiwiteite by die stadion – gaan maak gerus ‘n draai en ondersteun dié fantastiese projek!
Volpunte aan die organisasies en duisende ondersteuners wat wys dat die Vaaldriehoek se mense beslis nie VAAL is nie…. Ons streek se mense en almal wat deelgeneem het, het harte van GOUD!
Foto’s: Erkenning aan Daleen en André van Helsdingen




