Luanè en Dudu op pad na SA’s
Luane Smith en Dudu Malindi in die middel van die foto saam met spanmaats en kelners van Panarottis hier in die Vaal Mall om ‘n ekstra geldjie te verdien om aan die SA netbaltoernooi deel te neem. Foto: Jannie du Plessis
VANDERBIJLPARK. – Luané Smith, ‘n graad sewe-leerling aan die Laerskool Emfulenipark en Dudu Malindi van die Laerskool Eligwa is gekies om aan die SA netbaltoernooi deel te neem tussen 17 Junie tot 20 Junie by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg.
Luanè neem in die onder 13 span deel en Dudu neem onder 12 deel.
Dit is die eerste keer Luanè kon deelneem aan proewe en het span gehaal waar sy verlede jaar ook proewe gespeel maar nie span gehaal nie.
Luanè het egter harder gewerk en is saam met Dudu gekies. Daar word slegs drie spanne met ‘n totaal van 30 spelers per ouderdomsgroep gekies wat aan die SA’s gaan deelneem. En as mens kyk na die
hoeveelheid skole wat daar in Gauteng is, is hierdie voorwaar ‘n baie groot prestasie.
Die totale kostes van die SA’s is omtrent R6000 (klere ingesluit) en Luanè en Dudu het op 5 Junie by Panarottis in die Vaal Mall gaan “shadow”, ondersteun deur ‘n hele klomp van hul spanmaats om ‘n ekstra geldjie in te samel vir die SA’s. Sy en haar vriendinne het saam met kelners gewerk en almal was dit eens dat dit baie lekker en interresant is om in Panarottis as kelners te werk.
Enige iemand wat Luané en Dudu wil ondersteun, kan Annelize by 082 896 5934 kontak.



