Local newsNewsNews

Fokus op Vaal-rioolkrisis Deel 6

Fokus op Vaal-rioolkrisis Deel 6

Peacehaven versmoor in riool en slaggate

Vaalweekblad 8 Mei bls 8

Ettienne van Rensburg

VEREENIGING. – Die agteruitgang van dié stad se infrastruktuur is ’n groot kopseer.
Inwoners is raadop en keelvol vir swak dienslewering. Veral in Peacehaven is slaggate, geen vullisverwydering en riool wat vrylik in die strate vloei van die grootste kopsere. Die duikweg in Generaal Hertzogweg oorspoel ook dikwels. Boonop is daar haweloses wat voor winkels in Voortrek-kerstraat en onder bruê slaap.

Volgens Maryka Pretorius (26) ‘n inwoner van Charles Swartlaan in Peace-haven, woon haar pa al 51 jaar daar. “Hy het die prag van Peacehaven aanskou. As kind het hy kaalvoet skool toe geloop. Nou groei die gras bo die huise se dakke uit. Die parkies is vol rommel en glasstukke. “Die huis is soos die bloed in ons are en die murg in ons bene. Kan ons regtig onsself verder blind staar teen die realiteit van die buurt?  “My verstand sê verkoop die huis, maar my hart sê nee. Dis my erfenis. Ek, my pa en sy oorlede broer het hier grootgeword. My ontslape ouma het vir 54 jaar in die huis gewoon.  “Al onderhou jy jou huis en erf, is mens skaam vir die buurt. Hoekom betaal ons erfbelasting? Die riool vloei al jare in die strate,” sê sy.  In Boy Louwweg het kabeldiefstal die verkeersligte al maande buite werking en daar is glo geen vooruitsig dat dit herstel gaan word nie.
Volgens José da Silva, ‘n sakeman in die gebied, is die kabeldiewe so astrant dat hulle deesdae helder oordag kabels opgrawe en verkeersligte losskroef en die bedrading uitsteel.  Die pompstasie by Boy Louwweg is ook leeg gedra, wat tot gevolg het dat die duikweg gereeld oorstroom.

Haweloses bly onder ‘n brug oorkant die ingang van die Maccauvlei-gholfbaan.
‘n Hawelose man wat in Voortrekker-straat in Vereeniging op die sypaadjie slaap gee sy misnoeë te kenne aan Vaalweekblad se fotograaf.
Dié slote in Boy Louwweg in Vereenging is stille getuienis van die kabels wat snags en deesdae ook bedags opgegra-we word. Die omhulsel van die kabels word afgebrand en die oorblywende koper word deur die diewe verkoop.
Die duikweg by Boy Louwweg in Veree-niging oorstroom gereeld nadat die pompstasie daar leeg gesteel is. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button