Valke moet sokkies optrek
Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK – Die Valke se o.18-Cravenweekspan gaan sy sokkies moet optrek as hy vanjaar enigsins hond haaraf wil maak. Dit volg nadat die span Saterdag in Magaliesburg by die Hoërskool Bekker tydens die jaarlikse Noordelike Bondedag met 50-21 deur die Pumas ore aangesit is. Daar word altyd tong-in-die-kies gesê die Curriebeker word …
Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK – Die Valke se o.18-Cravenweekspan gaan sy sokkies moet optrek as hy vanjaar enigsins hond haaraf wil maak.
Dit volg nadat die span Saterdag in Magaliesburg by die Hoërskool Bekker tydens die jaarlikse Noordelike Bondedag met 50-21 deur die Pumas ore aangesit is.
Daar word altyd tong-in-die-kies gesê die Curriebeker word nie in Meimaand gewen nie. Dit geld seker ook dat sukses by die Bondedag nie noodwendig sukses by die Cravenweek verseker nie, maar die Noordelike Bondedag word nie verniet as ‘n kleedrepetisie vir die Cravenweek beskou nie.
Die Blou Bulle het Saterdag ‘n groot sielkundige slag geslaan toe hulle die Vrystaat net-net met 40-38 geklop het.
Die oud-Vaaldriehoeker, Zeilinga Strydom, was een van die Ligbloues se uitblinkers op heelagter.
Die Goue Leeus het die Sharks met 38-35 geklop terwyl die Limpopo Blou Bulle die Goue Leeus XV met 38-33 geklop het.
Die Cravenweek skop op 1 Julie in die Rosestad af. Die bepalings vir die Cravenweek is
: Dag 1: Valke vs Luiperds; SWD vs Pumas; WP vs Boland en Cheetahs vs Sharks.
Dag 2: Griekwas vs Limpopo; Blou Bulle XV vs Goue Leeus XV; Griffons vs OP; Grens vs Blou Bulle en Goue Leeus vs WP XV.







