SportSport

Atlete hardloop ter ere aan Hennie

VANDERBIJLPARK. – Die Lite2Nite Hennie van Rensburg Gedenkwedloop is op Saterdag 3 Oktober vir die sesde jaar aangebied. Hennie van Rensburg is was tot met sy dood aktief in atletiekkringe. Hy het jare in die Provinsiale Atletiekbestuur gedien en was ook voorsitter van die Landloop Kommissie en Athletics Vaal Triangle (AVT). “Hy het ‘n passie …

VANDERBIJLPARK. – Die Lite2Nite Hennie van Rensburg Gedenkwedloop is op Saterdag 3 Oktober vir die sesde jaar aangebied. Hennie van Rensburg is was tot met sy dood aktief in atletiekkringe. Hy het jare in die Provinsiale Atletiekbestuur gedien en was ook voorsitter van die Landloop Kommissie en Athletics Vaal Triangle (AVT).

“Hy het ‘n passie vir die sport gehad en langafstande was sy groot liefde. Dit was dus net gepas om die wedloop na hom te vernoem,” sê Mali van der Walt van AVT.

Wyle Hennie se vrou Magda en dogter Vanessa het verlede Saterdag as ‘n span ter ere aan Hennie deelgeneem: 52  spanne van twee lede elk het vir 12 ure om ‘n 1 km-baan deelgeneem. Daar was ook nege individuele atlete wat ook ‘n minimum van 80 km in die 12 ure moes voltooi. Die span met die meeste kilometer op hul kerfstok het as wenners uit die stryd getree.

Die volledige uitslae is as volg:

Individuele mans:

  1. Pieter Pretorius – 114km – Polokwane Atletiekklub  – nuwe rekord.
  2.  Samson Blessing – 101km – Nedbank Vaal
  3. Buks Van Heerden – 85 – Nedbank Vaal

Individuele Dames:

  1. Hazel Moller – 80km – Bedfordview Atletieklub

Manspanne:

  1. Jappie Khotle & Pule Eric Mokoena – 144km – ArcelorMittal Atletiekklub
  2. Christopher Fergusson & Christo Meyer – 127 km – JHAC Atletiekklub
  3. Dirk Taljaard & Sabastien Beque 126km – ArcelorMittal AK

Damespanne:

  1. Elmarie Hayes & Gerda Van Zyl – 113km – Fochville Atletiekklub
  2. Debbie Schoeman & Zanandi Janse van Rensburg – 111km – ArcelorMittal Atletiekklub
  3. Petro Bosch & Tanya Fourie – 108 km – Nedbank Vaal

Gemengde Spanne:

  1. Corrie Botha & Malie vd Walt  – 136km – ArcelorMittal Atletiekklub
  2. Allen Herweg & Janet Chalmers – 130km – High Performance Midas Road Runners
  3. Piet en Elsabe Aucamp – 123km – ArcelorMittal Atletiekklub.

Die algehele wenners van die spanne was:

  1. Jappie Khotle & Pule Eric Mokoena – 144km – ArcelorMittal Atletiekklub
  2. Corrie Botha & Malie vd Walt – 136km – ArcelorMittal Atletiekklub

3.Allen Herweg & Janet Chalmers – 130km – High Performance Midas Road Runners

 

Hazel Moller en Pieter Pretorius (wenners in die individuele mans- en vroueafdeling in die  Lite2Nite 12 ure wedloop). Onder links is Vannessa van Rensburg, wyle Hennie van Rensburg se dogter, en regs is sy weduwee, Magda van Rensburg, wat ook aan die wedloop deelgeneem het.
Hazel Moller en Pieter Pretorius (wenners in die individuele mans- en vroueafdeling in die
Lite2Nite 12 ure wedloop). Onder links is Vannessa van Rensburg, wyle Hennie van Rensburg se dogter, en regs is sy weduwee, Magda van Rensburg, wat ook aan die wedloop deelgeneem het.

 

Related Articles

 
Back to top button