Local newsNewsNews
Bestuurder ernstig beseer na voertuig rol
Bestuurder ernstig beseer na voertuig rol
VANDERBIJLPARK. – ‘n 29-jarige man is Saterdagoggend 22 Junie ernstig beseer toe sy voertuig op die Louisrus pad (Roots pad) gerol het.
Die ongeluk het ongeveer 10:00 plaasgevind. ER24 en die provinsiale ambulansdiens is na die toneel waar hulle die man sowat drie meter van sy voertuig sien lê het. Die man het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel behandel en na die Kopanong hospitaal in Vereeniging geneem vir behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is egter onbekendongeluk
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



