Stroomop teen R59
VANDERBIJLPARK. – ‘n Pretrit saam met sy vrou en vriende op hul motorfietse het Sondagmiddag vir ‘n bekende sakeman van die dorp byna noodlottig geëindig. Mnr. Branden Martin, eienaar van Just Carz en sy vrou Chantell was op hul BMW-motorfiets op pad huis toe op die R57 toe ‘n Toyota Tazz, wat volgens ooggetuies teen …
VANDERBIJLPARK. – ‘n Pretrit saam met sy vrou en vriende op hul motorfietse het Sondagmiddag vir ‘n bekende sakeman van die dorp byna noodlottig geëindig.
Mnr. Branden Martin, eienaar van Just Carz en sy vrou Chantell was op hul BMW-motorfiets op pad huis toe op die R57 toe ‘n Toyota Tazz, wat volgens ooggetuies teen die verkeer aan die verkeerde kant van die snelweg gery het, teen hulle gebots het.
Die Tazz het meer as 200 meter vanwaar Branden-hulle se motorfiets gelê het, tot stilstand gekom. Paramediese personeel van Vaal Emergency Care was eerste op die toneel en het die egpaar behandel. ER24 en Netcare het hulle bygestaan en die egpaar is op die toneel gestabiliseer, voordat hulle na Mediclinic Emfuleni vervoer is.
Branden en Chantell is Maandagoggend na die Unie Hospitaal in Alberton oorgeplaas, waar hulle Maandag hul eerste operasies ondergaan het.
Volgens Branden se ma, Yvette, het Branden en Chantell baie ernstige beserings opgedoen en lê daar ‘n lang pad na herstel vir hulle voor.
“Ek is net dankbaar dat hulle nie iets erger oorgekom het nie. Ek glo dat hulle volkome sal herstel,” sê sy.
‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur en nog ander klagte is teen die bestuurder van die Tazz aanhangig gemaak. Die saak word ondersoek.





