Paaie geblokkeer toe duisende opruk na President Hyper
VANDERBIJLPARK. – “Toe ek die Ford se sleutel draai het ek soveel gemengde gevoelens gehad – skok saam met vreugde. Ek kan nog nie glo ek was die gelukkige een nie!” So sê ‘n aangedane Tselane Smith (35) van Evaton-Wes nadat sy Saterdag die “gelukkige sleutel” gekies het by die finale trekking van President Hyper …
VANDERBIJLPARK. – “Toe ek die Ford se sleutel draai het ek soveel gemengde gevoelens gehad – skok saam met vreugde. Ek kan nog nie glo ek was die gelukkige een nie!”
So sê ‘n aangedane Tselane Smith (35) van Evaton-Wes nadat sy Saterdag die “gelukkige sleutel” gekies het by die finale trekking van President Hyper Vaal se wen-’n-kar-wedstryd.
Tselane, ‘n enkelma met ‘n jong seun, sê sy het ‘n voertuiglisensie maar sy het agt maande gelede haar vorige motor verkoop. Sy het beplan om mettertyd weer een te koop maar is tans werkloos en dit gaan nie aldag maklik met die finansies nie. Sy is steeds op die uitkyk vir werk in ‘n rekenaarrigting aangesien sy voorheen ook by ‘n Internet Café en oproepsentrum gewerk het.
* Volgens President Hyper het sowat 15 000 mense aan die wedstryd, wat oor die afgelope twee maande gestrek het, deelgeneem. Niemand het verwag dat die wedstryd so gewild sou wees nie, met gevolg dat alle toegangsroetes na President Hyper Vaal Saterdagmiddag vir meer as twee ure geblokkeer was soos wat duisende motoriste in die parkeerterrein probeer inkom het. Na raming was daar tussen 6 000 en 7 000 hoopvolle mense wat die trekking bygewoon het.




