VANDERBIJLPARK. – ‘n Man en vrou is vroeër vanaand, 26 Junie, op slag dood in ‘n ongeluk waarin drie voertuie betrokke was.
Die ongeluk het net na 17:30 op die kruising van Barrageweg (R42) en Westinghouse boulevard plaasgevind. Volgens ‘n ooggetuie wat in een van die betrokke voertuie was, wou ‘n Blou Golf Chico vanaf Barragweg indraai in Westinghouse boulevard toe die Wit Renault Sandero met twee insittendes die rooi robot oorsteek vanaf die Barrage se rigting en teen die Golf gebots het. Die Golf het gerol en bo-oor die voorkant van die ooggetuie se voertuig, ‘n Nissan Langley, gerol. Die twee broers was egter ongedeerd. Die bestuurder en sy passasier in die Golf is op slag dood en die twee mans in die Renault is op die toneel deur ER24 behandel en is na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling.
Op die toneel is uitgevind die Renault is egter gesteel en die polisie is na die hospitaal om die twee mans te ondervra.
LEES MEER IN VAALWEEKBLAD VAN 3 JULIE










