CommunityNewsNews

Kom kuier Saterdag by OK Grocer en CSF

VANDERBIJLPARK. – Die Community Support Forum (CSF) hou op Saterdag, 10 Oktober ‘n pretdag by OK Grocer in Evereststraat. Die pret begin om 09:00 en gaan tot omstreeks 14:00 duur. Heerlike worsbroodjies, “jaffels”, koeldranke en “chip sticks” sal onder meer teen spotgoedkoop pryse verkoop word ten bate van die forum se projekte vir behoeftiges. Daar …

VANDERBIJLPARK. – Die Community Support Forum (CSF) hou op Saterdag, 10 Oktober ‘n pretdag by OK Grocer in Evereststraat. Die pret begin om 09:00 en gaan tot omstreeks 14:00 duur. Heerlike worsbroodjies, “jaffels”, koeldranke en “chip sticks” sal onder meer teen spotgoedkoop pryse verkoop word ten bate van die forum se projekte vir behoeftiges.
Daar gaan ook ‘n springkasteel vir die kleingoed wees, sowel as Pop a Balloon met lekker pryse en geskenkbewyse as jy meer as R50 by ‘n stalletjie spandeer of meer as R50 as donasie gee. Lekker musiek gaan heeltyd verskaf word, ER24 gaan hul artikels uitstal en besoekers sal ook insleepvoertuie van nader af kan bekyk.
Volgens Leana Gough, voorsitter van die CSF en organiseerder van die dag, het die CSF-span die hulp van die publiek en borge nodig om die geleentheid ‘n sukses te maak.
Die volgende word nog benodig:
* Wors/maalvleis
* Aartappels
* Tamaties en uie
* Brood
* Kookolie
* Koeldranke
* Nog pryse vir Pop a Balloon
* Nog sangers wat sou belangstel om op te tree.
Alle donasies en borge moet asseblief op die laatste teen Vrydag om 17:00 by CSF afgegee word.
Indien enigiemand belangstel om die dag te borg, hetsy met klein of groot skenkings, kontak gerus jou CSF-operateur of vir Leana by 072 329 7263.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button