VANDERBIJLPARK. – ‘n Trok met gevriesde varkvleis het vanoggend Woensdag 3 Julie net na die robot by die Bedworthpark Pick & Pay, in die rigting van Vereeniging, omgeslaan.
- Die ongeluk het net voor 08:00 op die R42 (Barrageweg) plaasgevind. Volgens die bestuurder het hy die robot wou oorsteek toe ‘n bakkie voor hom indraai. Hy het uitgeswaai en begin beheer verloor oor die trok. Volgens hom het die trok links en regs begin swaai tot dit omgeslaan het. Twee passasiers is met ligte beserings deur ER24 behandel en na die hospitaal geneem. Die bestuurder was ongedeerd. Die koeltrok was vol varkvleis gelaai.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



