HealthLifestyleLocal newsNews

Tandheelkundige dienste by EXP Mediese Sentrum

Ontmoet die Tandartse

Tandheelkundige dienste by EXP Mediese Sentrum in Drie Riviere –  Ontmoet die Tandartse:
Ondanks verskeie omwentelinge vroeër vanjaar by Medicross in Drie Riviere, word hoëgehalte tandheelkundige dienste steeds deur dieselfde tandartse wat deur die jare hier bekend en geliefd geraak het, in die ou Medicross-gebou verskaf. Die enigste verskil is dat die tandartspraktyk (Dr. R.G. Ross en Vennote), nou onder die nuwe vaandel van EXP Medical & Dental Centre praktiseer.

Die tandartse in die praktyk is dr. Roy Ross, dr. Johan de Jager, dr. Waldo Schnetler, dr. Hennie van Straten en dr. Karin van Straten-Siebrits.

Dié tandartse deel ‘n passie vir tandheelkunde en ‘n strewe om ‘n toegewyde diens aan inwoners van die Vaaldriehoek te bied.

 
Dr. Roy Ross

Dr Roy Ross

 
Tandheelkunde is van jongs af in dr. Roy Ross se bloed. Hy het sy passie hiervoor by sy pa geërf, wat jare lank ‘n bekende en uitnemende tandtegnikus by Drs. Blignaut en Van Heerden in Vereeniging was.

Dr. Roy is in Vereeniging gebore en het hier grootgeword, waarna hy tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer het. Sy hart het daarna met ‘n punt teruggetrek na die Vaaldriehoek, waar hy sedertdien in praktyk in Vereeniging is.

Hy praktiseer as Dr. RG Ross & Vennote by EXP Medical & Dental Centre. Met 35 jaar se loopbaanervaring reeds agter die rug, gee dit hom groot genot om steeds op hoogte te bly van die nuutste tegnieke en tegnologie op tandheelkundige gebied, en seker te maak dat sy pasiënte daarby baat.

In sy vrye tyd kuier hy graag gesellig om ‘n kampvuur saam met vriende en geniet ‘n goeie, smaaklike stuk vleis.

 

************************************
Dr. Hennie van Straten

 
Dr. H.P. van Straten is hy gedoop, en sommige mense noem hom Hennie. Sy vriende ken hom egter net by één naam: Beaut. Hy lag lekker as hy sê dat dit natuurlik voor die handliggend is waarom!

Dr. Hennie het sy graad in Tandheelkunde in 1977 aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Nadat hy twee jaar in Brittanje gepraktiseer het, het hy teruggekom, getrou en met ‘n gesin begin.

In 1987 het hy dr. Ben van Rensburg se praktyk in vennootskap met dr. Koos Pansegrouw oorgeneem en in 2000 verskuif hulle die praktyk na die voormalige Medicross in Drie Riviere. Die res is geskiedenis. “My lewensfilosofie is om altyd die glas half vol te sien en daarom ervaar ek vele hoogtepunte in my beroep en lewe. Naas my beroep is reis, jag en lees my groot passie,” sê dr. Beaut.

*********************

Dr. Johan de Jager

 
Dr. Johan de Jager is nog een van EXP Medical & Dental Centre se ervare tandartse. Hy staan reeds 28 jaar in die beroep. Hy het in Pretoria grootgeword, aan Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) gematrikuleer, en die graad BChD aan Tukkies behaal.

Dr. Johan sê dit is te lank gelede om te onthou presies wat hom na tandheelkunde aangetrek het, maar dis duidelik dat alle aspekte van dié beroep hom van jongs af gefassineer het. Hy geniet elke werksdag as ‘n genotvolle uitdaging.

Sy lewensfilosofie getuig van sy geesdriftige aard: “Pak dit wat jy doen met entoesiasme aan en maak dit flippen klaar!”

Hy sorg dat hy tyd maak vir stokperdjies en sy gesin.

“Ek love my gholf en geniet familietyd,” sê hy. Hy en sy vrou, Zelda, het twee wonderlike kinders, Carmen en Nico, en twee oulike hondekinders.

*************************
Dr. Karin van Straten-Siebrits

 
Dr. Karin van Straten-Siebrits is in Krugersdorp gebore en het in die Vaaldriehoek grootgeword voordat sy vir 10 jaar Tukkies toe is – eers om haar B.Com-graad te verwerf. Toe volg ‘n kursus in mondhigiëne. Nadat sy dié ook voltooi het, het sy besef tandheelkunde is haar ware passie. Sy is nou reeds vier jaar in dié beroep.

“Wat my aangetrek het na tandheelkunde is dat dit die perfekte mengsel van medies, kuns en entrepreneurskap is. Dis ‘n wonderlike gevoel wanneer jy iemand die kans kan gee om uit te stap met ‘n glimlag wat hulle die selfvertroue gee om die wêreld te kan betree.” Dr. Karin is mal oor die natuur en om nuwe plekke te verken. “Ek is mal oor my beroep maar sou ook ‘n professionele vakansieganger en wynproewer reg oor die wêreld kon wees!”

 

*********************

Dr. Waldo Schnetler

 

Dr. Waldo Schnetler is in Pretoria gebore en het in Villiers grootgeword en skoolgegaan. Sy naskoolse opleiding by Tukkies het eers deur Plantpatologie gekronkel voordat hy besluit het om op tandheelkunde toe te spits.

Hy was vir vyf jaar aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verbonde voordat hy vir drie jaar by Medicross Randburg gewerk het. In 2008 verhuis hy na Vereeniging, waar hy by Medicross Drie Riviere (nou EXP Medical and Dental Centre) aangesluit het. Na 18 jaar in die Tandheelkunde is hy duidelik tuis en gelukkig in sy beroep. Hy put baie bevrediging daaruit as ‘n “tevrede, pynlose pasiënt” sy spreekkamer verlaat. Dié vriendelike tandarts sê sy lewensfilosofie is om vir God te leef. Dit blyk ook duidelik in sy werk, wat hy sorgvuldig en met deernis doen. Hy en sy vrou, Elize, het twee kinders Ewan (16) en Elzaan (14). In sy vrye tyd luister hy graag na musiek.

 

*************

EXP – ‘n Familievriendelike praktyk met mediesefonds tariewe

“Ons is ‘n familievriendelike praktyk waar jy verseker kan wees dat jy die voordele van toegewyde tandheelkunde met ‘n rustige aanslag gaan ervaar. Hier kan jy kwaliteit-tandheelkunde teen mediesefondstariewe verwag.

“Dit is ons beleid om elke pasiënt met individuele aandag te behandel en van pasiëntspesifieke behandelingsplanne te voorsien. Dit kan strek van pynverligting en herstelling van enige klein defekte, tot die komplete transformasie van jou glimlag. Ons streef daarna om tandheelkunde met ‘n blywende indruk te voorsien… want tande het tog ook emosies,” is dié toegewyde span tandartse se standpunt.
Tandheelkundige dienste beskikbaar by EXP:

• Algemene herstelwerk (Stopsels).

• Tand-ekstraksies.

• Prostetiese tandheelkunde (Valstande).

• Implantate.

• Kroon- en brugwerk.

• Binnemondse x-strale asook vollemondse x-strale.

• Skaleer- en poleerprosedures (Skoonmaak).

• Bleiking van tande.

• Endodontiese prosedures (Wortelkanale).

• Teatergeriewe by Midvaal Hospitaal

 

EXP Medical & Dental Centre. Tel: 010 601 6447. Adres: Hoek van Nile-rylaan en The Square, Drie Riviere, Vereeniging

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button