Maak kennis met EXP se mediese dokters
Sedert Maart 2019 was daar heelwat veranderinge by die ou Medicross-gebou in Drie Riviere, Vereeniging, maar een ding wat dieselfde gebly het, is die ervare dokters en tandartse se hoëgehalte, individuele aandag en opregte besorgdheid oor hul pasiënte, waarvoor hulle reeds jare bekend is. Hulle sit hul werk voort, maar onder die nuwe vaandel van EXP Medical & Dental Centre.

Sedert Maart 2019 was daar heelwat veranderinge by die ou Medicross-gebou in Drie Riviere, Vereeniging, maar een ding wat dieselfde gebly het, is die ervare dokters en tandartse se hoëgehalte, individuele aandag en opregte besorgdheid oor hul pasiënte, waarvoor hulle reeds jare bekend is. Hulle sit hul werk voort, maar onder die nuwe vaandel van EXP Medical & Dental Centre in die praktyk Dr L.J. Faul & Associates/Vennote.
Ontmoet die dokters by EXP Medical & Dental Centre:
Dr. Tiaan Harmse

Dr. Tiaan Harmse was nog ‘n voorskoolse buksie toe hy al geweet het hy wil eendag ‘n dokter word.
“Die oplos van ‘n probleem was seker die onderliggende dryfveer. Dit gee my enorme satisfaksie om te weet ek kan ‘n pasiënt help,” sê hy.
Dr. Tiaan het in Sasolburg grootgeword en sy mediese studies aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat (UOVS) in Bloemfontein voltooi. Hy is reeds 24 jaar in die beroep.
Sy loopbaanbeskouing is kort en kragtig: “Elke pasiënt is geregtig op my beste”. In sy vrye tyd reis dr. Tiaan graag deur Suid-Afrika en die res van Afrika, hetsy op sy motorfiets of saam met sy gesin.
Dr. Harold Plit

Dr. Harold Plit was born in Vereeniging and obtained the degree MBBCh at the University of the Witwatersrand and his FRCS at Edinburgh, Scotland. He then returned to Vereeniging, where he is serving the community of the Vaal Triangle as medical doctor for the past 47 years.
Dr. Nick Grobbelaar

Dr. Nick Grobbelaar is in Senekal in die Vrystaat gebore en het sy mediese opleiding aan die Universiteit van Pretoria deurloop. Hy staan reeds 55 jaar in die beroep. Dit was van jongs af sy ideaal om ‘n familiedokter te word omdat hy van mense hou en graag met mense wou werk. Sy lewensmotto is om goed te doen en nooit skade aan te rig nie. Dié lewenslustige dokter speel in sy vrye tyd graag tennis.
Dr. Kevin O’Hare

Dr. Kevin O’Hare het in Februarie vanjaar sy 50ste jaar as praktiserende dokter gevier. ‘n Loopbaan wat hom van die eerste dag af groot vreugde gegee het.
Komende uit ‘n mediese familie, was dit nie vreemd dat dr. O’Hare die mediese beroep ook as roeping en ideale loopbaankeuse beskou het nie. Hy sê hy is mal daaroor om in ‘n familiepraktyk van diens te wees en glo dat diversiteit mense bymekaar bring.
“Ek voel gelukkig en geëerd om ‘n dokter te kan wees,” sê hy.
Dr. O’Hare is deur die Emfuleni Plaaslike Raad met ‘n Living Legend-toekenning vereer vir sy jare lange diens en toewyding aan die plaaslike gemeenskap.
Dr. Anne van der Spuy

Dr. Anne van der Spuy is al jare lank ‘n welbekende en geliefde mediese dokter in die Vaaldriehoek, wat haar vrye tyd graag benut om as Rotary-lid by dié organisasie se gemeenskapsdienste betrokke te wees.
Met ’n mediese rigting as haar loopbaankeuse het sy gevolg in die voetspore van haar pa, wat jare gelede ‘n radiologiepraktyk (vandag bekend as Van Heerden Radiologie) in Vereeniging geopen het.
Dr. Van der Spuy is die trotse ma van vier kinders – twee seuns en twee dogters.
Dr. Pauline Siame

Dr. Pauline Siame grew up in Brakpan and went to school in Benoni. She studied medicine at the University of Cape Town and qualified in 2014. “One of the reasons I chose medicine was because I wanted to work with people. I end up learning so much from my patients. I enjoy especially working
with women and empowering them about women’s health and the options available, especially for women in medicine,” says Dr Siame. She believes the greatest leaders are servants: “I try to serve the patients I work with to the best of my ability. If we all serve in whatever work God has blessed us to do, we would make our world a better place.” In her leisure time she enjoys reading, writing, hiking and spending time with her family.




