NewsNews
Rou riool reguit rivier toe
Rou riool het vandag meer as een meter hoog in Golfstraat, Drie Riviere net voor die brug by die Kliprivier gespuit. Werknemers van Lichenry Construction wat tans besig is om in die gebied te werk sê hulle het net gesien die riool begin spuit. Toe dié foto geneem is, sowat twee ure na die rioolpyp …

Rou riool het vandag meer as een meter hoog in Golfstraat, Drie Riviere net voor die brug by die Kliprivier gespuit. Werknemers van Lichenry Construction wat tans besig is om in die gebied te werk sê hulle het net gesien die riool begin spuit.
Toe dié foto geneem is, sowat twee ure na die rioolpyp reeds gebars het, was daar nog geen afgevaardiges van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit om die pyp te herstel nie. Die rou riool het egter reguit in die Kliprivier gevloei.
Dalene Venter, DA-raadslid vir Drie Riviere sê st het die probleem telkemale rapporteer. Die terugvoering wat sy by Metsi a Lekoa gekry het nadat sy vyf verskillende kontaknommers geskakel het, was dat sy die pompstasie se nommer vir hulle moet gee voor hulle iemand gaan uit stuur om die pyp reg te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




