SportSport

Vaal sportmekka vir vele

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek was die afgelope skoolvakansie die gasheer vir verskeie nasionale en provinsiale sportbyeenkomste. Eerste op die lys was die 48ste Sasol Nasionale Winterswemkampioenskap wat by die Penny Heyns-swembad in Sasolburg plaasgevind het. Daarna het die hoërskole en laerskole Prestige Jeugsport se Rhinoweke op die VUT Isak Steyl-stadion plaasgevind. Om …

Ettienne van Rensburg

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek was die afgelope skoolvakansie die gasheer vir verskeie nasionale en provinsiale sportbyeenkomste.
Eerste op die lys was die 48ste Sasol Nasionale Winterswemkampioenskap wat by die Penny Heyns-swembad in Sasolburg plaasgevind het.
Daarna het die hoërskole en laerskole Prestige Jeugsport se Rhinoweke op die VUT Isak Steyl-stadion plaasgevind. Om nie eens te praat van die Nashau XV-tal o.13-rygbyweek wat op die DP de Villiers-stadion gehou is nie.
Die eerste Rhinoweek vir o.12-rugby en hokkiespanne het verlede week sy eerste babatree gegee.
Dries van Heerden en Martin van Wyngaardt, die breintrust en dryfkrag agter die week, is verheug oor die talent wat by die week geïdentifiseer is.
Net soos met die hoërskole-week waaraan sowat 1 400 leerlinge deelneem, is daar ‘n toerspan gekies wat in Desember in Skotland gaan toer. Die Brakpan Drake is die eerste amptelike kampioen van die o.12-Rhinoweek nadat hy die Vikings met 25-12 in die eindstryd geklop het.
Die Kempton Honey Badgers het die Sedibeng Rhinoweekspan met 19-3 in die uitspeelwedstryd om die derde plek geklop.
Die span wat in Skotland gaan toer is: Jayden Short, Leo van Wyk, Zandré Erasmus, Declon Pelser, Levino Dominigo, Robin Valker, Eduan Bredenkamp, Hein Pienaar, Hanrique Cronje, Gerhard Oosthuizen, Marcel Mons, Kyle Maartens, Benjamin Rochecaybe, Jano Steyn, Quinton Kirsten, Cullen Nel, Cowen Willemse, Armand Potgieter, Kyle Toerien, Nathan Delport, Gerhard Rossouw, Christopher Combrink, Gerhard Labuschagne, Jeandre Reynder en Johnny Mare.

Related Articles

 
Back to top button