Die beeldskone, pas verkose Mej. Vaal, Natasha van Niekerk van Sasolburg, het by die swembad van die Riverside Sun Resort in Vanderbijlpark gaan lafenis soek nadat die kwik in die Vaaldriehoek sedert verlede week sommige dae ver oor 30 grade Celsius gestyg het. Daar was mense wat Vaalweekblad laat weet het dat dit in Meyerton en Vaalpark sekere dae tot meer as 40 grade gestyg het, maar volgens die amptelike weerverslag is die hoogste plaaslike temperatuur van 35 grade Dinsdag in Vanderijlpark gemeet. Foto: Schalk le Roux
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!