Local newsNewsNews

R59 eis weer sy tol

MEYERTON. – Twee vragmotors was Woensdagaand op die R59 digby Samancor in ‘n ernstige ongeluk betrokke. Die oorskot van een van die vragmotors wat deur die veiligheids barrikade gebars het, het Donderdagoggend stille getuienis gelewer van die nagmerrie wat homself die vorige aand afgespeel het. Volgens ‘n verkeersbeampte op die toneel het een van die vragmotors …

MEYERTON. – Twee vragmotors was Woensdagaand op die R59 digby Samancor in ‘n ernstige ongeluk betrokke. Die oorskot van een van die vragmotors wat deur die veiligheids barrikade gebars het, het Donderdagoggend stille getuienis gelewer van die nagmerrie wat homself die vorige aand afgespeel het.

Volgens ‘n verkeersbeampte op die toneel het een van die vragmotors wat van Vereeniging na Johannesburg onderweg was se band gebars. Die bestuurder het beheer oor die vragmotor verloor en oor die middelman gejaag en ‘n aankomende vragmotor getref. Een van die vragmotors het deur die veiligheids barrikade gebars. Die splinters van die houtpale en dit wat van die staal barrikade oorgebly het, het die toneel besaai. Beamptes op die toneel kon nie bevestig of iemand in die ongeluk gesterf het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button