BlogsLetterLifestyleLocal newsOpinions

Willie Klopper skryf waarom hy in God glo

Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en Sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer!

 
Willie Klopper skryf: HOEKOM GLO EK IN GOD?

Ek het Hom nodig.
So hier is my antwoord.

Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so “awesome” en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!

Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys.
Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!

Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seer maak
En Dan voel dit of niemand verstaan nie, maar Dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!

Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en Dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!

Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke “stupid” goed en Sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer
En Dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring
Dan is Hy daar!

Hy maak heel wat ek self verbrou het!
Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!

Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in ‘n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie.
En Dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy’s daar!
Heeltyd! Altyd!

In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie. Hy is daar!
Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen.

Mattheus 6:22-23
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is,sal jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is,sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is. Hoe donker moet dit dan nie wees nie?

Gebed: Ons Hemelse Vader, help my asseblief om my lewensperspektief te verander. Ek wil graag U lig vir die wêreld wys.
Dankie Here
Amen……….

Related Articles

 
Back to top button