Nou wag Miss World op spogvers
Anton Loggenberg van Klein-Cor Cattle in die Parys-distrik het rede om trots te wees, nadat een van sy Brahmaan verse, Klein-Cor Miss Corona 70 12, gekies is om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig wanneer daar teen 26 ander lande meegeding word om die titel as “Miss World”. Dié vers is reeds by die Pretoriase skou aangewys …
Anton Loggenberg van Klein-Cor Cattle in die Parys-distrik het rede om trots te wees, nadat een van sy Brahmaan verse, Klein-Cor Miss Corona 70 12, gekies is om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig wanneer daar teen 26 ander lande meegeding word om die titel as “Miss World”.
Dié vers is reeds by die Pretoriase skou aangewys as Junior Kampioen in Augustus 2015.
Tydens die Beef Expo Week wat gedurende September in Parys by die Afri Dome gehou is, is sy aangewys as Junior- en Ras Kampioen Vroulike Dier.
En nou is dit die “Miss World” Brahmaan-kroning wat voorlê.
Elkeen van die 27 lande wat deelneem nomineer ‘n vroulike dier vir die kompetisie.
yf beoordelaars vanoor die wêreld is gekies om die beoordeling te doen.
Die kompetisie vind plaas tussen 1 en 7 Desember, waarna die kroning sal plaasvind



