LifestyleLocal newsNationalNews

Die beweerde ‘vloek’ op matrikulante van 1981

Elf sterf in eerste 11 jaar na matriek

Rus daar regtig ‘n “vloek” op die Hoërskool Transvalia se matrikulante van 1981 soos wat baie mense jare gelede al aan Vaalweekblad beweer het? As Christene wil niemand dié soort bygeloof ernstig opneem nie, maar dit bly ontstellend dat baie van daardie jaar se matrieks op ‘n jong ouderdom aan ongewone siektes of in fratsvoorvalle dood is.
Vaalweekblad is tans besig met navorsing vir ons 55 Jaar-herdenkingsbylae en boek, en het nou weer afgekom op ‘n berig van 24 Julie 1992, toe die 11de van Transvalia se matrieks van 1981 gesterf het. (Hy was Klaas van Dijken).
Die hoofmeisie van 1981, dr. Liesl (Otto) Boettger, het in 2015 ook op ‘n relatief jong ouderdom gesterf nadat sy ‘n hoofbesering in ‘n fratsvoorval opgedoen het. Sommige van die ander matrieks van 1981 wat jonk dood is, het op die Grens of in motorbotsings gesterf, maar ons kry nie al die inligting in ons argiewe nie.
As daar dalk lesers is wat meer inligting het oor wie hulle was en hoe hulle gesterf het, stuur asseblief ‘n SMS of WhatsApp na 083 246 0523.
Begin jou SMS met “55 Jaar Transvalia”. Ons sal jou dan later die week terugskakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button