CommunityLocal newsNewsNews

Seuntjie benodig hulp vir ore en mangels

Seuntjie benodig hulp vir ore en mangels

BRIEF:
Deidre Taylor, mamma van Jeandrè Harmse wil graag die vaaldriehoek vra om my seuntjie groot asseblief te help.
Jeandre Harmse is nou 3jaar oud hy sukkel vreeslik baie om te praat hy sal geluide maak as hy met jou praat of as hy iets soek sal hy vir jou met sy vingertjie wys wat hy soek en vir jou met sy vingertjie wys waarvan hy probeer praat.
Op die ouderdom van 2 jaar het ek en Jeandre se pappa, Nico Harmse agtergekom daar fout met ons seuntjie en ons het dadelik werk gemaak daarvan het hom gevat na ‘n suster by Clicks oor ons nie medies kan bekostig nie. Die suster het na sy ore gekyk gesê dit lyk nie goed en het sy ore uitgespuit met water oor Jeandrè nie vogtigheid in sy ore kry nie. Ons as ouers het gedink dit het gewerk maar het ongelukkig nie gewerk. Na twee weke verby is het ons hom trug gevat na die Clicks suster toe om weer na Jeandrè se ore te kyk sy toe vir ons gesê om oordruppels te koop. Ons het die oordruppels gekry maar daar was nie verbetering nie.
Op die 20 Februarie het ek en Nico vir Jeandrè na ‘n privaat dokter, dr. Texeira geneem wat deur Nico se werk betaal was. Dokter Kunneke van Texeira se spreekkamer het na Jeandrè se ore gekyk en na sy mangels want Jeandrè het mangelontsteking ook gehad. Kunneke toe vir ons verwysing gegee. Dieselfde dag het ons die verwysing gevat en na Kopanong staatshospitaal gegaan maar hulle kon nie vir Jeandrè help nie want Kopanong het nie meer ‘n oor, neus en keel spesialis nie.
Intussen het ek en Nico probeer kyk waar ons gelde kan bymekaar maak vir Jeandrè om n Ear,Nose& Throat specialist te gaan sien maar sover het ons nie reggekom met gelde vir die besoek by die oor, neus en keel spesialis nie. Ons het na privaat hospitale gegaan en uitgevind hoeveel dit min of meer gaan wees indien Jeandrè se ore moet grommets kry en mangels uitgehaal moet word. Die koste beloop tussen R15 000 tot R18 000 dan sal dit vir albei grommets wees en mangels. Op die oomblik kan ek en Nico Harmse dit nie bekostig nie want dus net Nico wat ‘n maandlikse inkomste verdien. Ek as mama is deur die dag by die huis met ons kinders Jeandrè (3) en Amorey (1jaar en 5 maande). As dit dalk moontlik dat die vaaldriehoek ons groot asseblief kan help sal dit opreg waardeur. Dankie.
Van Deidre Taylor en Nico Harmse .
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button