NewsNews

Huisagente moet hiervan kennis neem

VANDERBIJLPARK. – Die inwoners van SE7 het die afgelope jare ‘n baie sterk band ontwikkel en ‘n drukgroep gevorm om wet en orde in hul omgewing te handhaaf. Dié gebied naby die Vaaldriehoekse Universiteit van Tegnologie (VUT), het die afgelope jare in ‘n “studentebuurt” verander omdat baie huiseienaars ‘n groot aantal studente wat nie in …

VANDERBIJLPARK. – Die inwoners van SE7 het die afgelope jare ‘n baie sterk band ontwikkel en ‘n drukgroep gevorm om wet en orde in hul omgewing te handhaaf.
Dié gebied naby die Vaaldriehoekse Universiteit van Tegnologie (VUT), het die afgelope jare in ‘n “studentebuurt” verander omdat baie huiseienaars ‘n groot aantal studente wat nie in die koshuise plek kry nie, hier akkommodeer.
Volens mev. Yvonne Coertze, raadslid vir Wyk 9, wat hierdie gebied insluit, het die Emfuleni plaaslike raad onder druk van die inwoners ‘n ontwikkelingsplan vir SE7 daargestel. Daar is nou ‘n blok in SE7 wat spesifiek geoormerk is vir studentebehuising. “Elke studentehuis in daardie blok moet egter vir hersonering aansoek doen en dan aan sekere voorwaardes voldoen. Nou gebeur dit dat eienaars voortgaan om huise buite hierdie blok te koop en te omskep in studentebehuising. Die inwoners gaan dan as groep en praat met hierdie eienaars. Dit gebeur alles in ‘n goeie gees en die eienaars weet dan presies wat die gevoelens van die gemeenskap is en dat hulle as eienaars, onwettig optree en die gevolge sal moet dra,” sê mev. Coertze.
“Ons versoek alle eiendomsagente om hulle asseblief te vergewis van hierdie ontwikkelingsplan, sodat hulle nie voornemende kopers onder ‘n wanindruk bring nie. Dit is wat gebeur het by twee van die huise waar hierdie soort gesprekke reeds plaasgevind het,” sê sy.
Eiendomsagente wat wil verseker dat hulle volledige inligting oor die ontwikkelingsplan het, kan mev. Coertze e-pos by roelofc@telkomsa.net.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button