Een beseer en een dood na voertuig teen boom bots
Een beseer en een dood na voertuig teen boom bots

SASOLBURG. – Ineke van Huyssteen van ER24 rapporteer dat ‘n man dood is en nog een beseer nadat hulle voertuig gistermiddag, 14 Augustus, op die R59 afrit teen ‘n boom gebots het.
Die ongeluk het na 16:00 gebeur toe die bestuurder van die voertuig vanaf die R57 afrit na die R59 beheer verloor het, van die pad af gery het en teen ‘n boom gebots het. Toe ER24 paramediese personeel op die toneel arriveer, het hulle die bestuurder langs die voertuig gevind met matige beserings. Sy passasier was nog in die voertuig maar hy was reeds oorlede en daar kon niks vir hom gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die pasiënt is na die Emfuleni Mediclinic geneem vir behandeling.



