EntertainmentLocal news

Van kamera tot doek tot meesterstuk

Hanti Pretorius WALKERVILLE – Lizett Jubber het geen bekendstelling nodig nie. Sy verskyn in kunstydskrifte en by kunsuitstallings. Haar borrelende energieke menswees is aansteeklik en sy is ‘n mense mens. Lizett word in ‘n huis groot waar kuns aan die orde van die dag is en dit is onafwendbaar dat sy Ina Wilken se kunssentrum …

Hanti Pretorius
WALKERVILLE – Lizett Jubber het geen bekendstelling nodig nie. Sy verskyn in kunstydskrifte en by kunsuitstallings. Haar borrelende energieke menswees is aansteeklik en sy is ‘n mense mens.
Lizett word in ‘n huis groot waar kuns aan die orde van die dag is en dit is onafwendbaar dat sy Ina Wilken se kunssentrum sou oorneem en vir 13 jaar klasse aanbied.
Haar liefde vir mense en stories is presies dit wat sy skilder. Lizett en haar gesin toer graag en dan maak sy van die geleentheid gebruik om met haar kamera beelde vas te lê wat later op ‘n doek nuwe gestalte aanneem.
Lizett is van mening dat elke kunstenaar saam en by ander kunstenaars moet kers opsteek om op die einde jou eie watermark te ontdek. Ilze Bezuidenhoud verfyn haar tegnieke in portretstudie. Rene Snyman het ‘n invloed op haar werke en op hierdie stadium verbreed sy haar visie by Douw van Heerden wat die tegnieke van ou meesters gebruik.
Haar selfgemotiveerde energie in kuns noop haar om met vele tegnieke te eksperimenteer. Sy is gefassineerd met al die tegnieke van glaze wat nou voor haar ontvou. Deur haar werk vanaf monogram, laag op laag te glaze, is die eindresultaat verstommend.
Haar werke in galerye trek dadelik die aandag. Die skildery is ‘n storie opsigself en vertel dan ook ‘n storie van die kunstenaar se sorg en presiese afwerking.
Lizett se kleurgebruik is deur die jare so verfyn dat sy die atmosfeer en menswees so vasvang dat onderskeiding tussen foto en skildery amper nie merkbaar is nie.
Lizett se oë kyk vas en ondersoekend. Elke mens of bewegende voorwerp is ‘n moontlike foto, skildery of storie. Sy is ‘n lewendige belangstellende kunstenaar. Sy is ‘n aanwins by die The Art Farm in Walkerville en in die Vaaldriehoek
Kontak haar op Facebook by LizArt of skakel haar by 083 457 6360.

Related Articles

 
Back to top button