AmusingEntertainmentLocal newsNationalNews

Vian en sy ‘menslike pop’ verwerf 100% by Del Arté

'n Hoogtepunt in die drama-afdeling van vanjaar se Del Arté-kunsfees was toe Vian Singleton, bekende Vaaldriehoekse akteur wat deesdae as Thomas in die TV-reeks 7de Laan te sien is, sy slag kom wys het saam met Dawian van der Westhuizen, ‘n dramastudent aan die Sonja Myburg Dramaskool

 
Die jaarlikse Del Arté Eisteddfod, waarvan Vaalweekblad die drukmediaborg is, is in volle gang en sorg vir hope vermaak. Sowat 3 500 verskillende items is net in die drama-afdeling alleen ingeskryf en beoordeel. Die hoogtepunt van vanjaar se drama-afdeling was toe Vian Singleton, bekende Vaaldriehoekse akteur wat deesdae as Thomas in die TV-reeks 7de Laan te sien is, sy slag kom wys het saam met Dawian van der Westhuizen, ‘n dramastudent aan die Sonja Myburg Dramaskool. Die
“buiksprekerpop” is inderwaarheid ‘n goed gegrimeerde Dawian! Die tweestuks se besonderse dialoog het aan hulle ‘n A+++, oftewel 100%, besorg. Vian het sewe jaar gelede met die totstandkoming van Del Arté die eerste keer aan dié kunsfees deelgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button