Local newsNewsNews

Waterlekke in Vaaldam – voorsieningsarea stuur op ramp af

Waterlekke in Vaaldam - voorsieningsarea stuur op ramp af

DENEYSVILLE. – Waterlekke en gebarste pype wat water vanuit die Vaaldam na die grootste gedeelte van Gauteng voorsien, sal vinniger herstel moet word om te verhinder dat die dam leegloop.

 Die huidige watervlak van die Vaaldam is 62% wat 0,8% laer is as verlede week. Die watervlakke was verlede jaar dieselfde tyd 95,1%. Indien die huidige tendens voortduur, is Gauteng net vir die volgende drie jaar van water gewaarborg.

 Lekkende pype word gereeld aangemeld en is ook al onder die aandag gebring van die voormalige burgemeester van Emfuleni, Jacob Khawe, en die huidige burgemeester, Gift Morena.  Die VF Plus is bekommerd daaroor dat herstelwerk nie vinnig genoeg gedoen word nie en die dam se watervlak aansienlik kan daal.  Verbruikers sal water ook meer spaarsamig moet gebruik om toekomstige watertekorte te vermy.

 Die VF Plus gaan aanhou druk plaas op die Emfuleni-munisipaliteit om die water-infrastruktuur vinnig te herstel en in stand te hou. 

 Kontaknommer: 082 565 2336

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button