NewsNews

Villiers-pad ‘n ongeluk wat wag om te gebeur

VEREENIGING.- Die R54 Villiers-pad duskant Four Ways-vulstasie is in ‘n gehawende toestand. Na verskeie klagtes deur besorgde motoriste het Vaalweekblad gaan ondersoek instel en gevind dat die slaggate ‘n wesenlike probleem is. Daar kan op die beeldmateriaal gesien word hoe motors en swaarvoertuie in die aankomende verkeer moet inswaai om die slaggate te vermy. Volgens …

VEREENIGING.- Die R54 Villiers-pad duskant Four Ways-vulstasie is in ‘n gehawende toestand. Na verskeie klagtes deur besorgde motoriste het Vaalweekblad gaan ondersoek instel en gevind dat die slaggate ‘n wesenlike probleem is. Daar kan op die beeldmateriaal gesien word hoe motors en swaarvoertuie in die aankomende verkeer moet inswaai om die slaggate te vermy. Volgens Dalene Venter, ‘n DA-raadslid in Vereenigng is die probleem reeds by die provinsiale owerhede aangemeld.  Volgens haar bepaal die ligging en hoe besig die pad is onder wie se beheer die pad val. In hierdie geval is dit nie die plaaslike munispaliteit se verantwoordelikheid nie, maar wel die provinsie se kopseer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button