[Video en foto’s] Man en vrou vasgekeer toe woonstelblok brand
VANDERBIJLPARK. - 'n Man en vrou is deur brandweermanne op die tweede verdieping gered nadat die Siemenshof woonstelle vroeg gisteroggend, Maandag 2 September, gebrand het.
VANDERBIJLPARK. – ‘n Man en vrou is deur brandweermanne op die tweede verdieping gered nadat die Siemenshof woonstelle vroeg gisteroggend, Maandag 2 September, gebrand het.
Volgens die man en vrou het hulle skuiling in die stort gesoek nadat die rook te veel geword het om uit die woonstel te ontsnap. Die brand het net na 00:35 in een van die woonstelle ontstaan en die sowat 15 inwoners op die 2de verdieping van die gebou moes inderhaas hul blyplekke verlaat. Almal het hul besittings in die brand verloor.
Teen 03:00 het die Emfuleni brandweer die brand onder beheer gekry.
LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 4 SEPTEMBER
VIDEO: JANNIE DU PLESSIS – VAALWEEKBLAD









