Local newsNationalNewsUpdate
OPDATERING: Ontvoerde kleutertjie ongedeerd gevind
Amy-Leigh is in die vroeë oggendure met haar gesin herenig
Amy Leigh de Jager (6) wat gisteroggend (2 September 2019) deur onbekende mans voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark ontvoer is, is veilig terug by haar ouers.
Dit volg na ‘n dag en nag van uiterste paniek vir haar gesin en groot kommer onder lede van die skoolgemeenskap en algemene publiek.
Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die poisie, het bevestig dat Amy-Leigh in die nagtelike oggendure gevind is.
Die polisie ondersoek steeds die gebeure van die afgelope 24 uur.
* Meer besonderhede volg in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (4 September).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



