Local newsNationalNews

Solidariteit wil ArcelorMittal-afleggings stuit

Vak-unie versoek publiek om beswaarskrif te onderteken

ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) het op 10 Julie 2019 aangekondig dat die maatskappy beplan om sowat 2 000 werknemers af te dank. Dit is nie net ‘n reuseskok vir die staalbedryf nie maar ook vir die gemeenskap as geheel in die Vaaldriehoek, sê die vakverbond Solidariteit. “Indien hierdie afleggings voortgaan, sal duisende gesinne beïnvloed word.”

Volgens ‘n mediaverklaring het Solidariteit besluit om in te tree, “juis omdat hierdie kwessie soveel groter is as net AMSA – indien daar nie dringend ingegryp word nie, is dié afleggings dalk slegs die begin van vele ander in verskeie nywerheidsektore”.

Lees die volledige berig b die skakel hier onder:

https://solidariteit.co.za/amsa/?fbclid=IwAR0VVtmWLPvwCjudWsyqqOJNwF-w5aJAG6QQsSTP66_OdOEccu5XzVVMKls

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button