CommunityLocal newsNewsNewsBreaking News

Baba dogtertjie benodig hulp voor sy permanent doof word

Baba dogtertjie benodig hulp voor sy permanent doof word

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ses maande oue baba dogtertjie se ouers is desperaat om haar gehoor te red voor dit te veel agteruitgaan en sy permanent doof kan word.

Ava-Lee Kirton, wat op die jong ouderdom reeds op 20 Augustus ‘n operasie in die Baragwanath hospitaal ondergaan het om haar gesplete lip te herstel, is in die stadium besig om doof te word nadat dokters bevind het dat sy water in haar binne-oor aan albei kante het. Aanvanklik was dit net die linker-oor maar haar toestand het versleg en nou is die regter oortjie ook in gedrang.

Vir pa Inus Kirton (27) en mamma Angelique Steyn (19), wat nie dadelik geholpe kon raak by die staatshospitale en aangesê is dat hul moet kyk of hulle dit nie privaat gedoen kan kry nie, is die koste oorweldigend en moet die koste voor 16 September betaal word om haar op die 18de September te laat opereer.

Volgens Angelique kan dr. Khumalo, oog, neus en keel spesialis en dr. van Huyssteen as narkotiseer die operasie op 18 September doen om dreineringsbuisies (‘grommets’) in haar ore in te plant. Die koste saam met Emfuleni Medi Clinic beloop egter R11237 en as klein Ava-Lee ‘n aandjie moet oorslaap is daar ‘n addisionele bedrag van R3150 betaalbaar.

Enige iemand wat Ava-Lee kan help kan Pa Inus kontak op 084 232 1429 of mamma Angelique op 061 711 4279 vir die bankbesonderhede van Emfuleni Medi Clinic en die verwysingsnommer vir betaling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button