Photo GalleriesSportSportSport

Jong kolfmeester maak geskiedenis

VANDERBIJLPARK. – Rico Fourie van die Hoërskool Transvalia se o.14-krieketspan het vroeër vandeesweek die rekordboeke herskryf toe hy die eerste o.14-speler van die skool geword het om ‘n honderdtal in ‘n T20-wedstryd aan te teken. Hy het dit Dinsdagmiddag teen sy eweknie die Hoërskool Overvaal vermag toe hy ‘n onoorwonne 101 lopies van 58 aflewerings …

VANDERBIJLPARK. – Rico Fourie van die Hoërskool Transvalia se o.14-krieketspan het vroeër vandeesweek die rekordboeke herskryf toe hy die eerste o.14-speler van die skool geword het om ‘n honderdtal in ‘n T20-wedstryd aan te teken.

Hy het dit Dinsdagmiddag teen sy eweknie die Hoërskool Overvaal vermag toe hy ‘n onoorwonne 101 lopies van 58 aflewerings gemoker het. Daar word ‘n groot toekoms vir die jong kolfmaestro voorspel.

Related Articles

 
Back to top button