Local newsNationalNewsOpinionsBreaking News

BLF: Uitspraak in rassehaat-saak voorbehou

Solidariteit se haatspraaksaak teen Black First Land First (BLF) is vandag in die gelykheidshof aangehoor. Regter Mokgoathleng het uitspraak voorbehou.

Solidariteit se haatspraaksaak teen Black First Land First (BLF) is vandag in die gelykheidshof aangehoor. Regter Mokgoathleng het uitspraak voorbehou.

“Ons is baie positief oor vandag se verrigtinge. Ons is van mening dat geregtigheid moet seëvier vir die Hoërskool Driehoek se ouers en dat rassiste soos Andile Mngxitama en die BLF in die bek geruk moet word. Solidariteit sien uit na die uitspraak,” sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste.

Adv. Dirk Groenewald (vir Solidariteit) het in die hofsaak aangevoer dat daar tot op hede nog geen verskoning voor die hof gemaak is nie, en dat die BLF slegs sy posisie verdedig en volstrek weier om skuld te beken. Die leier van die BLF, Andile Mngxitama, het vandag namens die respondente opgetree en het ná verskeie mislukte pogings om die regter van sy politieke ideologie te oortuig, die hof gevra om met betrekking tot die uitspraak in ag te neem dat sy organisasie ʼn revolusionêre organisasie is wat weens wit bevoorregting bankrot is.

“Om aan te neem dat die uitlatings wat die BLF oor die Driehoek-tragedie gemaak het nie skadelik of pynlik teenoor die slagoffers se ouers sou wees nie, is verregaande en enige argument daarteen is absurd,” het adv. Groenewald tydens die hofverrigtinge aangevoer.

Solidariteit het die haatspraakklag teen dié party op 14 Februarie 2019 by die gelykheidshof ingedien nadat Solidariteit ’n mandaat van die slagoffers van die Driehoek-skoolramp se ouers ontvang het. Die eerste verskyning was op 22 Augustus vanjaar maar dit is uitgestel omdat die BLF nie vir die saak opgedaag het nie.

Die klag het gevolg nadat Lindsay Maasdorp, die BLF se woordvoerder, die tragiese dood van vier jong leerlinge op sosiale media gevier het. Hy het geskryf: “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white…” Hy brei dan ook verder uit: “If our God has finally intervened and our ancestors have petitioned and seen that these white land thieves have now died then I definitely celebrate it. I celebrate the death of our enemies, their children, their cats and their dogs. That is our position.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button