[Video en Foto’s] Kleine poplap se operasie ‘n sukses
Kleine poplap se operasie 'n sukses
Jannie du Plessis (Vaalweekblad)
VANDERBIJLPARK. – Na ‘n pleidooi van ‘n mamma en pappa het Vaalweekblad en IFM 102.2 hande gevat om die jong baba dogtertjie van hulle te help met ‘n operasie wat haar ouers nie kon bekostig en waarsonder sy heel waarskynlik doof kon word.
Ava-Lee Kirton (6mnde) is Woensdagggend 18 September geopereer nadat geld vir haar operasie, danksy ‘n web artikel deur Vaalweekblad en ‘n pleidooi op die plaaslike radiostasie IFM 102.2, binne drie ure ingesamel is. Woensdagmiddag, nadat Ava-Lee ontslaan is, het die twee media huise besoek afgelê by die gesin en mens sou skaars kon sê die klein lyfie was ‘n paar ure gelede in ‘n teater. Die vreemde mense (media) is met ‘n groot glimlaggie ontvang terwyl Ava-Lee in haar loopring sit.
Pa Inus Kirton (27) en mamma Angelique Steyn (19), het reeds ‘n lang pad gestap in die dogtertjie van hulle se kort lewe. Op 20 Augustus is klein Ava-Lee in die Baragwanath hospitaal geopereer om haar gesplete lip te herstel en toe is uitgevind dat sy besig om doof te word nadat dokters bevind het dat sy water in haar binne-oor aan albei kante het. Dr. Khumalo, oog, neus en keel spesialis en dr. van Huyssteen as narkotiseer het die operasie uitgevoer om dreineringsbuisies (‘grommets’) in haar ore in te plant. Ma Angelique het aan die media vertel dat behalwe vir die voorbereiding tyd was die operasie net twintig minute.
Ondanks kritiek aan die twee ouers op sosiale media is die donasie onderskeidelik aan die dokter, narkotiseer en Emfuleni Medi Clinic betaal voor die operasie kon plaasvind. Die ouers het elkeen wat ‘n bydrae gelewer het uit hul harte bedank.
Video: Jannie du Plessis & Angelique Steyn.
lees ook: Baba dogtertjie benodig hulp (klik op skakel)







